Modulekode | FTP 100 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Gesondheidswetenskappe |
Module-inhoud | Algemene inleiding en oriëntering tot fisioterapie, PBL-vaardighede en bewysgebaseerde benadering tot fisioterapie. Inleiding tot biomeganika, terminologie, passiewe bewegings, meting van omvang van beweging, kliniese besoeke en pasiënthantering. Kinetika: asse, vlakke, hefbome, effek van swaartekrag op die menslike liggaam. Toegepaste elektrobiomeganika: Inleiding tot straling, hoëfrekwensie, ultraklank, kortgolf-diatermie, laser, ultraviolet, infrarooi straling. Inleiding tot manuele terapie: algemene inleiding tot massering, evaluering van sagte-weefsel, tipes massering, effekte en gebruike, modaliteite, toepassing op menslike liggaam. Menslikebewegingswetenskap: inleiding tot biomeganika, studie van menslike beweging, funksionele evaluering, spiertoetsing, tipes spierwerk, kinematika: analise van beweging, motoriese beheer en postuur, eienskappe van normale beweging. Toegepaste elektrobiomeganika, Inleiding tot mediumfrekwensiestrome, Russiese strome. Pulmonologie. Let wel: Fisioterapie word op ‘n probleemgebaseerde en geïntegreerde wyse aangebied. |
Modulekrediete | 15.00 |
Programme | |
Voorvereistes | Geen voorvereistes. |
Kontaktyd | 4 praktiese sessies per week, Gemeenskapsbetrokkenheid, 3 lesings per week, 1 webgebaseerde periode per week |
Onderrigtaal | Beide Afr en Eng |
Akademiese organisasie | Fisioterapie |
Aanbiedingstydperk | Jaar |
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App